Monday, 23 May 2016

Melkkos




In die koue weer soek 'n mens mos lekker trooskos.  Terence (my suster se seun) het my resep gebruik en hierdie heerlike melkkos gemaak.

Melkkos
Bestanddele:
1 Liter Melk
3 Hoogvol Eetlepels Koekmeel
2 Eetlepels Botter
1/4 Teelepel Sout
Metode:
Laat melk kook.
Vryf botter in meel tot dik krummels.
Gooi in gekookte melk en hou aan roer tot dit styf is.
Sit plaat stadig en laat prut tot gaar.
Bedien met kaneel en suiker na keuse
Bedien 2 -3 mense. Pas resep aan vir meer gaste

No comments:

Post a Comment