Tuesday, 16 August 2016

Lemoen Koek




LEMOEN - KOEK

KLITS GOED SAAM:
3 Eiers
1k Suiker

MENG MET EERSTE MENGSEL:
1½ k meel
1½ t bakpoeier

SMELT SAAM EN VOEG BY:
3 Eetl margarien
¾ k melk

Ek het 'n knippie sout en 5ml vanilla essence en so 3 druppels lemoen essence by gegooi

METODE:
Gooi in 'n gesmeerder bak en bak 25 – 30 min by 180ยบ

 

STROOP:
1k water
1½ k suiker
1e marg
1 kop lemoensap
1 eetl gerasperde lemoenskil

METODE:
Kook water, suiker en margarien 5 min saam.
Laat afkoel en voeg by 1k lemoensap en 1e gerasperde lemoenskil.
Druk gaatjies in koek en gooi oor koek.

 

Wenk:
Sny die koek klaar op in blokkies voordat jy die stroop oorgooi dan trek die sous lekker in.
Lemoentyd... druk lemoene uit en vries die sap, dan kan jy heeljaar lekker smul aan lemoenkoek


No comments:

Post a Comment