Maklike olie-skons
10 skons
• 480 g (860 ml) bruismeel
• 1 ml sout
• 2 eiers
• 250 ml melk
• ekstra eier om op skons te verf
• 250 ml room
• jou tuisgemaakte aarbeikonfyt
Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Sif meel en sout saam. Klits eiers, melk en olie saam in ’n aparte bak.
Stap 2. Maak ’n holte in die middel van die meel en voeg eiermengsel by. Meng deur met ’n mes tot deeg vorm.
Stap 3. Sprinkel meel op werkoppervlak. Plaas deeg bo-op en meng dit versigtig verder, maar pas op dat jy nie die deeg oorwerk nie. Gebruik ’n 6,5 cm-koekie-uitdrukker om skons uit te druk.
Stap 4. Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Klits 1 ekstra eier en verf skons met kwassie. Bak in warm oond vir 15 – 20 minute. Klits room styf, en sit skons warm voor met botter, room en jou aarbeikonfyt.
No comments:
Post a Comment