Bella pop is my suster se kleindogter, laasjaar was hierdie truitjies baie gewild en haar tannie het vir haar twee gebrei .
Die hoedjie het my vriendin Maretha sommer so vining vining vir haar gehekel.
Die maklikste poncho
WAT HET JY NODIG?
5 balle FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) inCloud Blue
6 mm-naalde
6 groot knope
SPANNING
14 ste x 20 rye = 10 cm oor ks met 6 mmnaaldeDit word met dikker breinaalde as normaalweg gebrei vir ’n sagter effek
MATE
Pas 5–7 jaar Poncho is 48 cm lank en 48 cm breed en sit redelik los.WENKE
Vir ander groottes: meet hoe breed jy dit wil hê, deel die breedte deur 10 en vermenigvuldig dit met 14 vir getal steke.Voorbeeld: 50 cm ÷ 10 = 5 x 14 = 70 ste. Begin hals uithol sowat 8–10 cm voor verlangde lengte soos voorbeeld onder. Vir groter groottes kan nog steke weerskante van nekopening afgeheg word. Tel steke rondom halsrand op en brei die kraag so lank soos verkies.
AFKORTINGS
aw – aweregs m s – mossteek (1ste ry: (r1, aw1) tot einde. 2de ry: regs die aw-ste en aweregs die r-ste) r – regs RKV – regterkant voor VK – verkeerde kantAANWYSINGS
VoorpantMet 6 mm-naalde stel 61 ste op. Werk in mossteek vir 6 rye.7de ry: ms 7, r tot laaste 7 ste, ms 7.
8ste ry: ms 7, aw tot laaste 7 ste, ms 7. Herh laaste 2 rye tot werk sowat 9 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry (knoopsgatry): ms 3, heg 2 ste af, ms 2, r tot laaste 7 ste, ms 2, heg 2 ste af, ms 3.
Vlg ry: ms 3, stel 2 ste op, ms 2, aw tot laaste 7 ste, ms 2, stel 2 ste op, ms 3. Gaan voort in pat en maak knoopsgat wanneer werk 15 cm en 21 cm lank is. Gaan voort in pat tot werk sowat 40 cm lank is, eindig met VK-ry.
Vlg ry: r23, heg middelste 15 ste af, pat tot einde en voltooi twee skouers apart. Gaan voort in pat en heg ste af aan halsrand soos volg: 3 ste 2 keer, 2 ste 2 keer. Gaan voort sonder om te vorm tot werk van begin af sowat 48 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af. Voltooi ander skouer soos eerste, maar spieëlbeeld daarvan.
AgterpantWerk soos voorpant, maar laat knoopsgate weg.
KraagWerk regterskouernaat toe. Met RKV tel op en r sowat 72 ste om halsrand (veelvoud van 2). Werk in ms vir sowat 22 rye. Heg in ms af.
OM TE VOLTOOI
Werk linkerskouer- en kraagnaat toe.Werk knope teenoor knoopsgate aan.
No comments:
Post a Comment