Thursday, 1 June 2017

Rochelle se Kaneelrolletjies

 




Hierdie lekker gereg het my vriendin Rochelle gemaak, ek kan dit defnitief aanbeveel


Rochelle se Kaneelrolletjies
Rolletjies se instruksies:

Meng 2k warm melk, 1/2k gesmelte botter en 1/2k suiker.

Sprinkel 1 pakkie gis bo-oor en los vir 1min.
Roer 4k melk by.
Gooi lap oor en laat rys vir 1uur.
Gooi 5ml bakpoeier, 10ml sout en n 3/4k meel oor en roer tot deeg.
Haal uit bak en rol in bal.
Rol deeg uit in reghoek so 1cm dik.
Smeer met 3/4k sagte botter en strooi koppie sagte bruinsuiker en 30ml fyn kaneel oor.
Rol op van lang kant af rn sny 1cm dik skuiwe.
Sit in bak en maak toe en laat staan vir 30mim. Bak by 180 vir 20-25min



Bo-oor na dit gebak is word die volgende oor gesit:
1 tub cream cheese, 4 eetlepels gesmelte botter,  4 eetlepels melk, 2 koppies icing sugar.
Dit maak vreeslik baie ek sal dit eerder helfte aanmaak vlg keer. Tensy jy baie mense het wat eet
Dis baie soet


No comments:

Post a Comment