Tuesday, 24 April 2018

Malvapoeding in die Mikrogolfoond:




Malvapoeding in die Mikrogolfoond:

50ml water,
125ml melk,
60ml botter,
60ml suiker,
2ml vanilla
Sous: mikrogolf water tot kookpunt, voeg res van bestandele by, mikrogolf nog minuut, hou
eenkant.

Deeg:
1 eier,
25ml appelkooskonfyt,
5ml bakpoeier,
5ml koeksoda,
125ml koekmeel,
125ml suiker,
250ml melk,
2ml sout

Deeg: meng eiers en suiker goed, voeg konfyt by en roer.
Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor, meng goed.
Los koeksoda in melk op, voeg by meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Mikrogolf vir 7min op hoog of tot gaar. (dubbel beslag vat so 12 tot 14min )
Gooi sous bo-oor en laat staan so bietjie.

Sit voor saam met vla of lekker roomys.


Vlae in Mikrogolfoond

50ml vla poeier
50 ml suiker
knippie sout
500 ml melk
5 ml vanilla geursel of karamel
Meng vla, suiker en sout saam gooi 100 ml melk by en meng goed. Voeg die res van die melk by en mikrogolf  ongeveer 6 min en roer elke  min en pasop vir oorkook.
Voeg vanilla by, meng deur.

No comments:

Post a Comment