Thursday, 19 July 2018
SUURLEMOENMERINGUE TERT
As ek my seun se dag wil maak moet ek net hierdie vir hom maak. En jy gaan sukkel om ook 'n happie daarvan te kry.
SUURLEMOENMERINGUE TERT
Kors:
1 pak tennisbeskuitjies / mariekoekies (rol fyn)
100ml botter (gesmelt)
Vulsel:
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
2 eiers geskei
50ml strooisuiker
2 ekstra eierwitte
Druk beskuitjies in tertbak.
Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta. Klits eiergele tot lig en sponsagtig, meng kondensmelk / suurlemoensap by en gooi in kors
Bak op 180C vir 10min – laat afkoel
Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm. Sit eierwitte op tert en plaas in oond tot mooi goudbruin
Labels:
Teettyd
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment