Friday, 17 July 2020
Viskoekie Gereg
My vriendin Maretha het my so twee weke terug van die Visvinger gereg vertel. Gisteraand besluit ek om dit te toets, maar moet gebruik wat in die huis is.
Viskoekie Gereg
Mash (2 x aartappels en 2 x wortels met 'n klein bietjie botter) (vriendin het net aartappels gebruik)
1 x klein pakkie gevriesde pit mielies (vriendin het sweetcorn gebruik)
Gevriesde viskoekies (vriendin het visvingers gebruik)
Kaas gerasper
Pak 'n laag viskoekies, gooi die mielie pitte oor, nou die mash en laaste die kaas. Bak op 180C vir so 30 min.
Baie lekker saam met 'n slaai
Labels:
Visgeregte
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment