Wednesday, 29 July 2015
Ma Rita se Tert
Ma Rita se Tert
1 groot rolkoek
1 x 410g vrugtekelkie
1 x 397g kondensmelk
Sap van 1 suurlemoen
2 x 250g fyn maaskaas
50ml vlapoeier
10ml suiker
Sny rolkoek in 9 skywe, pak in glasbak. Dreineer stroop van vrugte. Vul dit aan met water tot 500ml.
Maak vlae aan met 'n klein bietjie water. Voeg die suiker by en meng met stroopwater. Kook in mikro tot dik, roer kort kort. Laat afkoel
Klits kondensmelk en suurlemoesap tot dik. Voeg maaskaas by en meng. Gooi bo oor rolkoek.
Gooi die vrugte by die vlaestroop en meng. Skep bo-oor tert en verkoel
Labels:
Teettyd
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment