3 BESTANDELE AARBEI KAASKOEK
3 x 250ml Roomkaas/ Maaskaas
1 x 80gr aarbei Jellie
125ml Kookwater
KORS:
Vingerkoekies
METODE:
Meng kookwater met jellie, Laat afkoel.
Roer roomkaas by totdat alle klonte opgelos het.
Gooi bo op jou vingerkoekies wat jy in die bak geplaas het.
Pak weer ‘n laag koekies en laat in yskas om te stol.
Jy kan ook vars stukkies aarbeie in die roomkaas mengsel inmeng,
Jy kan selfs tussen die lae aarbeie pak.
Versier met vars aarbeie, room en sjokolade snysels.
Ek het dit sommer versier met Orley Whip (bietjie suiker bygevoeg vir 'n bietjie soetheid), kersies en 100's and 1000's.
No comments:
Post a Comment