Friday, 12 February 2016

Gebottelde Aartappelslaai




Gebottelde Aartappelslaai

4kg aartappels
2 Bottels mayonaise
1 Blik kondensmelk
3 Groot uie gekap
Optioneel pietersielie
Sout en Swartpeper

 Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout maar pasop dat aartappels nie te sag kook nie, maar NET gaar. Staan maar die rukkie en toets jou aartappels dat dit nie te sag kook nie.. Gooi water af.

Gooi mayonaise, kondensmelk en uie (ek het my uie effens gebraai) in ander kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Gooi aartappels by warm mayonaise, roer deur en bottel warm in gesteriliseerde bottels.

 Kan tot 2 maande op koel plek gehou word.

Ek sal 'n gekookte eier daarby rasper voordat ek dit gebruik.

No comments:

Post a Comment