Wie sal nou kan dink dat 'n mens 'n koek kan bak met avokadopeer. Almal wat dit geproe het, was baie verbaas want hulle het almal gedink dit is piesang- of wortelkoek.
Geurige Avokadokoek
12 porsies
KOEK
560 ml (2¼ k) koekmeel
1 ml koeksoda
2,5 ml (½ t) gemengde speserye
15 ml (1 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
60 ml (4 e) pekanneute, fyngekap
75 ml (5 e) sagte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
2 ekstragroot eiers
45 ml (3 e) volroommelk
5 ml (1 t) suurlemoensap
250 ml (1 k) avokadopeer, fyngedruk
SUURLEMOENBOTTERVERSIERSEL
100 g (1/5 blok) sagte botter
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
mespuntjie bakpoeier
15 ml (1 e) melk
5 ml (1 t) suurlemoensap
Stel oond op 180 °C.
1 Koek Sif koekmeel, koeksoda, gemengde speserye, bakpoeier en sout saam. Roer neute by.
2 Room botter en strooisuiker met elektriese klitser tot liggeel. Voeg eiers by en klits tot gemeng.
3 Meng melk, suurlemoensap en avokadopeer by. Roer by bottermengsel.
4 Voeg meelmengsel by bottermengsel en roer tot beslag vorm.
5 Verdeel beslag tussen twee ronde koekpanne met 20 cm-deursnee wat met bakpapier uitgevoer is en met kossproei gespuit is. (ek het die koek in my bundtpan gebak)
6 Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7 Laat koeke bietjie in koekpanne afkoel en keer uit op afkoelrakkie om heeltemal af te koel.
8 Versiersel Room botter en bietjie versiersuiker met elektriese klitser tot liggeel. Klits bakpoeier by.
9 Voeg versiersuiker bietjies op ’n slag by en ook bietjie melk wanneer dit moeilik raak om te klits. Klits goed sodat dit lekker pofferig is.
10 Klits suurlemoensap by.
11 Versier koeklae met suurlemoenbotterversiersuiker.
No comments:
Post a Comment