Monday, 17 April 2017

Spek, Botterskorsie en Feta Quiche



'n Heerlike en maklike resep om te maak, bedien 'n lekker slaai daarmee saam.

Spek, Botterskorsie en Feta Quiche
Porsies: 4

Resep
15 mℓ (1 e) olyfolie
4 repies rug spek (back bacon)
250 mℓ (1 k) room
3 eiers
2 fyn, knoffel toontjies
½ k plat blaar pietersielie
Sout en peper na smaak
5 mℓ (1 t) dill tippies
300 g (1 ½ k) botterskorsie blokkies
100g (½ k) feta, gekrummel

Voorverhit oond na 170 ℃ en smeer ‘’n 23cm los boom pan van enige vorm met koekepanne smeer.
Braai spek in olyfolie tot bros. Voeg knoffel en botterskorsie by en braai vir 2 minute.
Meng die room en eiers goed saam asook sout, peper en dill tippies.
Pak die botterskorsie stukkies in die pan en sprinkel die spek oor. Giet eiermengsel oor en rond af met gerasperde feta en fyn pietersielie blare.
Bak vir 20-25 minute by 170 ℃ tot geset. Bedien dadelik

(Resep van Annelien Pienaar)

No comments:

Post a Comment