Tydens die The Great British Bake Off (2014), moes hulle 'n "decorated swiss roll" maak. Natuurlik is my belangstelling dadelik geprikkel hiermee. Alles word mos nie op tv gewys nie, maar soos 'n vriendin sê Google is mos jou beste vriend.
Ek besluit toe hierdie is wat ek vir my sussie met haar verjaardag maak, maar ons sal eers 'n oefen lopie moet neem om te sien of dit werk.
Ek kan onthou hoe my ma altyd die lekkerste koeke kon bak, die middel was altyd gebul met "lemon curd".
Maklike as maklik kan dit nie wees om te maak nie
Suurlemoensmeer 100g (110 ml) botter / bakmargarien (gebruik botter vir 'n meer
DEKADENTE eindproduk!) sap van 2 groot suurlemoene fyngerasperde geel skil van 1 suurlemoen