Friday, 14 February 2020
Kaas en Macaroni
'n Maklik resep wat vinnige gemaak kan word en vries ook goed.
Kaas en Macaroni
300g rou macaroni
olyfolie
1 x 60g pakkie wituiesop
300ml melk
300ml water
250ml gerasperde kaas
sout en peper na smaak
1 tamatie in skyfies gesny
botter
Kook macaroni soos op aanwysings op pakkie. Dreineer en roer 'n bietjie olyfolie deur.
Voorverhit oond op 180C
Meng soppoeier, melk en water in 'n kastrol. Verhit dit tot kookpumt en roer tot dit begin verdik. Roer helfte van die kaas by en geur na smaak. Roer macaroni by en skep in oondvastebak. Rangskik tamaties bo-op geur met sout en peper en strooi kaas bo-oor. Sit klontjies botter bo-op en bak vir 35 min tot goudbruin.
Labels:
Gebak
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment