Wednesday, 20 July 2016

Bobotie

 
Dis een van die bekendste geregte en tipies Suid-Afrikaans
 
Bobotie
Bestandele:
2 Uie, fyn gesny
30ml Margarien
25ml matige Kerriepoeier
1 groot Tamatie, gerasper
10ml fyn Appelkooskonfyt
250ml Water
7ml Sout
Gemaalde Swartpeper
1kg Maalvleis (Skaap, Bees of Volstruis)
2 dikkerige snye Witbrood
300ml Melk
2 Eiers
Vars Lemoen-of Suurlemoenblare
 
Metode:
Sorteer uie in botter tot sag.  Voeg kerriepoeier by en braai ‘n rukkie saam.  Voeg
tamatie, konfyt, water, sout en peper by en verhit tot kookpunt.  Voeg vleis by, roer
met ‘n vurk tot gemeng en laat 5 minute kook.  Week brood in melk.  Voeg brood by vleismengsel, meng en skep in ‘n groterige, gesmeerde bakskottel.  Klits eiers en melk saam en gooi oor vleismengsel.  Vou blare keëlvormig en druk hier en daar in vleismengsel in.  Bak 30 minute by 180°C. Lewer 4 – 6 porsies
 



No comments:

Post a Comment