Wednesday, 20 July 2016

Maklike Witsous in Mikrogolfoond



Maklike Witsous in Mikrogolfoond

Bestandele:
30ml Margarien
45ml Koekmeel
250ml Melk
Sout en Peper

Metode:

Mikrogolf die margarien totdat dit gesmelt is – ongeveer 1 minuut lank teen volle krag

Roer die meelblom by en meng tot glad.  Roer die melk geleidelik by.

Mikrogolf die sous 3 tot 4 minute lank teen volle krag tot dit verdik.  Roer dit twee maal gedurende die tyd.

Geur die sous na smaak

Wenk:  Gooi ‘n lekker groot handvol kaas by die sous of ‘n bietjie droĆ« mostertpoeier.  Vir ‘n soeter sous gooi ‘n bietjie witsuiker by


No comments:

Post a Comment