Tuesday, 30 July 2024

TUNA-EN-TJIPS-TERT - Mikrogolf


 

My vriendin Annetjie se ma het hierdie maklike resep gedeel.


TUNA-EN-TJIPS-TERT - Mikrogolf

6 tot 8 porsies

 

170g (1 blikkie) tuna, gedreineer

1                             middelslagui, gerasper

50ml                     blatjang

50ml                     mayonnaise

2                             eiers, geklits

100ml                  volroommelk

125g                      kaas-en-uie-tjips (groot pak), fyngedruk

187g                      cheddarkaas, gerasper (¾ koppie)

 

Meng alle bestanddele in mengbak.

Spuit mikrogolfvaste tertbord van 20cm met kossproei.

Giet tunamengsel in tertbord en mikrogolf vir 12 tot 15 minute op hoog.

Die middle moet net gestol wees.

 

 

**           Ek het dit in die oond gebak op 180C tot effens bruin en gestol.

                Probeer gerus die beslag in ‘n klein kolwyntjie pan te bak.

 


LAMB SHANKS


Niks so lekker as 'n stukkie skaapvleis nie.  Hierdie vleis het van die been geval so doek sag was dit.

LAMB SHAN

4             lamskenkels

1                    bottle griekse / franse slaaisous

3             suurlemoene, in kwarte gesny

1             ui in kwarte gesny

2                    heel knoffelbolle, gehalveer

1                    takkies vars origanum

2             takkies vars roosmaryn

        Sout en peper na smaak

 

Plaas die lam in ‘n oondkastrol en giet die slaaisous oor. 

Sit die suurloemoen, ui, knoffel en vars kruie by en geur met sou ten peper.

Siut die deksel op of maak toe met foelie en plaas in die oond by 160˚C vir 3 – 3h30 ure.

Bedien met kapokaartappels / rys

 

 

**           Ek het die gereg in my elektriese stoompot gemaak.

 

ETHEL’S MOM’S ROCK BUNS


 My vriendin Ethel bak hierdie gereeld, die resep kom van haar ma.

ETHEL’S MOM’S ROCK BUNS

For 10 – 12 buns

226g      Self Raising Flour

113g      Butter

113g      Sugar

113g      Dried Fruit

1                    Egg

Milk to mix

Little castor sugar

 

Siffe flour

Rub in butter until like fine breadcrumbs, add sugar and fruit.

Stir in beaten egg and enough milk it makes a sticky consistency

Drop mixture in small heaps on a greased tray – allowing room for mixture to spread during cooking, sprinkle with sugar lightly before baking.

Bak at 218C for 12 – 15 minutes or until crisp and golden brown.

Lift carefully on to wire cooling rack, be careful the cakes are fragile when hot.

To serve – sprinkle with more sugar

To vary – add chopped peel, grated rind of fresh orange or lemon

Convert Ounces to Grams

8 oz       -              226 gr

4 oz       -              113gr

Convert °F to °C

425F     -              218C

Gas Mark 6 - 7



EENVOUDIGE TAMATIEBREDIE


 In die winter is daar niks lekkerder as 'n bredie nie.

EENVOUDIGE TAMATIEBREDIE

 

Genoeg vir 1

 

125g beesvleis of lam in stukkies gesny

1 ui in skywe gesny

3 naeltjies

3 peperkorrels

1 teelepel fyn knoffel (ek het knoffel en rissie gebruik)

Sout en ‘n bietjie vars peper na smaak

2 aartappels of meer na gelang van voorkeur

2 lekker ryp, vars tamaties

50g of 1 klein tamatiepasta

70g suiker

 

Metode:

Plaas die vleis in die pot.  Sny die ui in skywe en plaas in die pot.  Voeg die naeltjies, peperkorrels en knoffel by en geur na smaak met sout en peper.  Laat oor stadige hitte prut tot vleis sag en ietwat bruin is.  Skil die aartappels en sny in blokkies, voeg dit by die vleis.  Laat prut die vleis en aartappels ietwat, maar nie tot sag nie.  Dompel die tamaties in kookwater en trek die skille af.  Sny die tamaties in blokkies.  Voeg die tamatieblokkies en tamatiepasta by die vleis.  Roer deeglik.  Voeg suiker na smaak by.  Laat prut tot die tamaties deurgekook is.  Sit voor met rys of stampmielies.

  

 

**           Ek het ‘n rooi pepper ook in die pot gesit

                Sny liggies ‘n kruis oor die hele tamatie, gooi in kookwater en na ‘n paar minute kan jy die vel aftrek.

                Ek het ‘n pakkie tamatiesop in gestrooi op die einde om ‘n lekker sous te maak.

                Ek het die gereg in my elektriese stoompot gemaak.


MA DRIEKA SE PYNAPPEL EN IDEAL MELK YSKASTERT


 

Hierdie was 'n gereelde resep wat deur my ma gemaak is vir verjaarsdae of sommer net iets lekker vir oor die naweek.  Altyd 'n treffer


MA DRIEKA SE PYNAPPEL EN IDEAL MELK YSKASTERT

Bestanddele:

1 pakkie tenniesbeskuitjies

1 pakkie groen jellie (ek het 2 pakkies gebruik)

1 blik Ideal Melk (baie belangrik om dit oornag te verkoel in yskas)

1 blikkie crushed pynappel

½ koppie  kookwater

 

Metode:

Pak beskuitjies in ‘n vierkantige bak.

Maak jellie aan met kookwater en plaas eenkant om af te koel.

Klits ideal melk styf en klits afgekoelde jellie by

Gooi sap van die pynappel af en roeor by styfgeklopte mengsel.  Gooi helfte van die mensel op uitgepakte beskuitjies en pak dan nog ‘n lag beskuitjies en gooi die res van die beslag bo-oor.  Krummel twee koekies fyn boo or en plaas in yskas.

**           Die sap van die pynappel kaan gebruik word om by die jellie water te sit.

**           Ek sal volgende keer ‘n bietjie gelatien ook by die styfgeklopte mengsel sit.

**           Na tert uitgeskep is, sit dit terug in die yskas om koud te bly.

**           Koekies kan vinnig in water gedoop word voordat die mensel oor gegooi word, dit sal help dat die koekies nie lig nie.




MARETHA’S BUTTERNUT SOP


 

My vriendin Maretha het hierdie resep met my gedeel.  Probeer gerus hierdie sop resep.


MARETHA’S BUTTERNUT SOP

500g butternut, geskil en in blokkies gesny

1 ui, gekap

2 aartappels, geskil en in blokkies gesny

2 wortels, geskil en in blokkies gesny

5ml gemmer

5ml kerrie

25ml kookolie

2 teelepels margarine

1 liter hoenderaftreksel (2 blokkies opgelos in 1 liter kookwater)

250ml melk of 1 blik ideal melk

5ml heuning

2ml paprika

25ml blatjang

Sout en peper

1 pakkie soppoeier opgelos in 350ml water (mushroom of wit uie sop)

 

Metode:

Voeg pampoen, ui, aartappel, wortel, gemmer, kaneel, kerrie by warm olie en margarine in diep kastrol en sorter vir 5 minute.

Voeg aftreksel, melk, heuning, paprika, blatjang, sout, peper en soppoeier-mengsel by.

Bring tot kookpunt en prut tot groente sai is.

Laat afkoel en verwerk in voedselverwerker of versapper tot glad.

Verhit en sit warm voor met vars brood.


Marinated Pork Chops


 

Hierdie resep by Mariaan gekry, en mensig is dit nou 'n treffer.  

Marinated Pork Chops

2 pork chops

Marinade:

1 teaspoon onion powder

½ teaspoon oregano

⅓ cup olive oil

¼ cup lemon juice

¼ cup soy sauce

1 tablespoon brown sugar

Pepper to taste

Directions:

Place all marinade ingredients in a medium bowl, whisk to combine.  Place the port chops in a plastic ziplock bag big enough to hold the chops and marinade.  Add the marinade to the plastic bag.  Zip it almost closed, squeeze all the air out of the bag and completely close the bag.

Place the bag in the refrigerator and marinate chops overnight, turning the bag often to make sure all the surfaces of the chops are covered in the marinade.

When it’s time to grill – remove the chops from the bag, throw away any leftover marinade.  Let the chops come to room temperature before frilling.  Grill chops 1- -15 minutes, depending on the heat of you grill.

**           Ek het hierdie tjoppies sommer in my Airfryer gaar gemaak.