Wednesday 14 December 2016

Hoender-en kaaspasteie

 
Een Rolletjie deeg uitgerol.  Sny 4 sirkels uit die deeg.  Spuit 'n bakplaat en sit 2 sirkels op die plaat.

Friday 4 November 2016

Vrugtekelkietert




Vrugtekelkietert
Nog 'n resep wat ek kan onthou dat my ma gemaak het.  Jy kan dit as 'n koue tert voorsit, of as 'n warm poeding met vla of roomys.


500 ml bruismeel (ek het al koekmeel 2 koppies met 2 teeleples bakpoeier ook gebruik)
250 ml suiker

Monday 24 October 2016

Krummel-appeltert



Krummel-appeltert

LEWER 1 TERT VAN 24 CM
 

KORS
120 g botter
125 ml (½ k) suiker
1 eier

Monday 26 September 2016

1, 2, 3 Anysbeskuit





 
 
"Jongsus" Maretha bakster van formaat, het hierdie resep met my gedeel.  En was ek nou verras oor hoe maklik dit is en hoe lekker dit smaak.
 
Smaak en ruik net soos 'n lekker Mosbolletjie.
 

1, 2, 3 Anysbeskuit
 
Bestanddele

Tuesday 16 August 2016

Wednesday 10 August 2016

Elsa se Suurlemoen Meringue Flan




Outydse Flan

So baie mense weet nie waarvan jy praat as jy vra of hulle ‘n flan ken nie

Tuesday 9 August 2016

Spek, kaas en mielie ontbyt muffins



Spek, kaas en mielie ontbyt muffins

2 koppies koekmeel
1 eetlepel bakpoeier (ek het net 2 teelepels gebruik)
3 teelepels suiker
knypie sout

Wednesday 20 July 2016

Groente lasagna



Ek het altyd 'n pakkie van die groente (ui, soetrissie, eiervrug, tamaties) in my vrieskas, ek haal dit net uit ontdooi en gebruik dit dan vir hierdie gereg.  Die kerriesous maak hierdie gereg.

Groente lasagna
Bestanddele:
1 ui, gekap
1 soetrissie, ontpit en gekap
25ml kookolie
1 blik(800g) heel, geskilde tamaties

Koffie Yskastert




Koffie Yskastert
Bestandele:

3 blokkies onversoete sjokolade
½ koppie suiker
2 teelepes kitskoffie
4 eiers, geskei

JJ en Pieter se Gevlekte Hoender oor die kole




JJ en Pieter se Gevlekte Hoender oor die kole
 
'n Wye verskeidenheid gevlekte hoenders in allerhande marinades is deesdae beskikbaar, maak seker jy kyk na die vervaldaum voor jy die hoender koop.
 
Bestandele:

1 groot gemarineerde gevlekte Hoender

Maklike Witsous in Mikrogolfoond



Maklike Witsous in Mikrogolfoond

Bestandele:
30ml Margarien
45ml Koekmeel
250ml Melk

Ma se Geelrys



My ma het altyd die lekker geelrys gemaak met lekker vet rosyne daarin.  Ons het altyd gespot en gesê dit is dooie vlieë.  Geelrys is heerlik saam met bobotie en 'n lekker Sondag skaapboud

MA SE GEELRYS
Bestandele:

250ml rys
1l water
25ml geelsuiker
1stuk pypkaneel

Bobotie

 
Dis een van die bekendste geregte en tipies Suid-Afrikaans
 
Bobotie
Bestandele:
2 Uie, fyn gesny
30ml Margarien
25ml matige Kerriepoeier
1 groot Tamatie, gerasper

Appelkooskonfyt in Mikrogolfoond


My gunstelling konfyt.  'n Mens se eie konfyt smaak darem maar net lekkerder as die in die winkel.

Maak flesse deur die loop van die jaar bymekaar. 

Gemmerpoeding op die stoof



As jy lus is vir iets lekker, maak gou hierdie poeding op die stoof.  Die lekkerste gemmergeur en dan die lekker toffiesous, mmmmmm

Tannie Pieterse se Gemmerpoeding Resep

STROOP:
625ml water
310ml suiker
5ml gemmer

Koejawels Ingemaak

 
 
 
Wintertyd is Koejaweltyd
 
 
As kind het my ouerhuis twee koejawelbome gehad.  As jy gaan kuier het in hierdie yd het ma altyd 'n sakkie koejawel saam gestuur.
 
 
Nou na jare leer my buurvrou Martha my die maklike manier om te sorg dat ons nog koejawel kan eet lank na die seisoen verby is. 

Tannie Bettie se Mikrogolf Sjokoladekoek



Tannie Bettie se Mikrogolf Sjokoladekoek


Hierdie lekker maklike en vinnige resep het ek van my ma se suster gekry.  'n Defnitiewe treffer wat sommer vining gebak kan word as daar gaste kom kuier.

1 cup flour
1 cup castor sugar

Tannie Hantie se Sousbone




Die eerste keer dat ek Sousbone gemaak het, het 'n vriendin se ma die resep vir my gegee.  Na ek dit die eerste keer gemaak het, het ek nog nooit weer 'n ander resep probeer nie.

Tannie Hantie se Sousbone

1 sakkie wit niertjie boontjies (ek gebruik die rooi spikkel boontjies ook)
1 teelepel sout
bietjie swart peper

Friday 15 July 2016

Lemoen Karringmelkbeskuit


 
Hierdie heerlike resep het ek in 'n Lig Tydskrif gekry.  Sommer dadelik van die lemoen idee gehou aangesien ek dit al met marmalade ook gemaak het.  Probeer gerus jy sal nie spyt wees nie.
 
Karringmelkbeskuit
Lewer 100 stukke
2kg bruismeel, gesif
10ml (2t) sout
500g sagter botter

Thursday 7 July 2016

Gebakte Jelliepoeding




Gebakte Jelliepoeding
7 eetlepels meelblom (ek het opgehoopte eetlepels gebruik alhoewel google sê:  1 eetlepel =15 ml)
3 eetlepels suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda...
3 eiers, geklits
2 eetlepels botter

Wednesday 6 July 2016

Appel en Kaas Slaai



Hierdie is 'n baie maklik en heerlike slaai om te maak.  Ek maak sommer ekstra vir die volgende dag se kosblik.

Appel en Kaas Slaai
2 x rooiskil appels (ek gooi so 'n bietjie suurlemoensap oor sodat dit nie verbruin nie)
1 x koppie gerasperde kaas(chedder)
1 x eetlepel droe pietersielie
1 x eetlepel gerasperde ui

Thursday 30 June 2016

Melktertjies


Vir my suster so dogter Lindy en haar man Wayne se troue het ek hierdie klein melktertjies gemaak vir nagereg.

Kors
1 x Tennisbeskuitjies (gekrummel)
Botter (gesmelt)

Elsa se Roer-broodjie



Elsa se Roer-broodjie

Hierdie is 'n resep wat ek by my ma gekry het.   Die basis resep gebruik ek altyd en verander dit dan soos ek wil.

1 x 500g bruismeel
1 x houertjie karringmelk (of maak sommer jou eie suurmelk met melk en wit asyn)

Rosyntjiebrood



Rosyntjiebrood
Jy sal die broodjie moet wegsteek vir die huismense, anders bly daar niks oor vir die gaste nie!
1 pakkie van 500 g bruismeel
180 ml suiker
1 geklitste eier
125 ml water
250 ml melk
250 ml rosyntjies

Monday 13 June 2016

My Maklike Pepermint crisp-tert

 
 
Makliker kan dit net nie wees nie.  Ook nie so soet soos die gewone resep nie.
 
 
My Maklike Pepermint crisp-tert
 
1 pakkie tennisbeskuitjies

Tuesday 31 May 2016

Groentesop




Hierdie groentesop is 'n heerlik en baie maklik om te maak.  Ek bewerk altyd al die groente en kook die helfde en die ander gedeelte sit ek in die vrieskas.  Die sop is deel van 'n dieet (die dieet volg onder aan die sop resep)


BASIESE SOP:
900g Tamaties
6 Uie
2 Biefblokkies/Hoenderblokkies

Tuesday 24 May 2016

Pineapple Upside Down Bundt Cake



Hierdie resep het ek op fb gesien, en ek moes dit net probeer.

Pineapple Upside Down Bundt Cake
Prep Time: 10 minutes
Total Time: 40 minutes

You’ll Need
– ½ cup butter, melted
– ½ cup packed brown sugar

Monday 23 May 2016

Melkkos




In die koue weer soek 'n mens mos lekker trooskos.  Terence (my suster se seun) het my resep gebruik en hierdie heerlike melkkos gemaak.

Melkkos
Bestanddele:
1 Liter Melk
3 Hoogvol Eetlepels Koekmeel
2 Eetlepels Botter

Thursday 19 May 2016

Papawer- en Botterkoek

 
 
Elsa Se Flop Koekedoor Koek
 
Die heerlike Papawerkoek het ek by 'n vriendin se verjaardag ge-eet.  Natuurlik spook dit toe by my en met my verjaardag besluit ek om dit te maak.
 
Soos dit maar gaan bak die koek nie soos ek dit wil hê nie en 'n plan moet gemaak word.

WATERBLOMMETJIE BREDIE


Een van die bekendste produkte uit die Kaap, Waterblommetjies.



WATERBLOMMETJIE BREDIE
BESTANDELE
750 g waterblommetjies

Wednesday 16 March 2016

Mini Tuna Frittatas



Hierdie resep by my sus gekry.

Mini Tuna Frittatas
Makes 9

half green pepper, chopped
3 eggs beaten
60ml milk

Friday 12 February 2016

Pieter se Skapie Koek



Pieter se Skapie Koek

Soms moet 'n mens maar dink waarvoor jy wens.  Vriendin vra ek moet asseblief help, Pieter soek 'n skapie koek vir sy verjaardag.  Ma bak vir ons 'n koek en ek en vriendin versier die koek.  Ons het die volgende foto gebruik as inspirasie om die boonste een te maak met versiersuiker en lekkers.

Geskenk Houertjies



Wie sou kon dink dat 'n lee toiletrolletjie so handig gebruik kan word.

Ek het die idee op facebook gesien en besluit om my eie vir Kersfees te maak.  Binne in het ek sjokolade gesit.  En die rolletjie met lint versier. 

Gebottelde Aartappelslaai




Gebottelde Aartappelslaai

4kg aartappels
2 Bottels mayonaise
1 Blik kondensmelk
3 Groot uie gekap
Optioneel pietersielie
Sout en Swartpeper

Stampmielie Gereg



Stampmielie Gereg

3 koppies stampmielies
1 koppie Mayonaise
1 Uie gekap
1 pakkie Sampioensop

Petro se Kerrie Noedelslaai




Petro se Kerrie Noedelslaai
1 pak noedels gekook (die resep werk ook lekker met spaghetti)
1 Soetrissie in repies gesny (ek gebruik sommer geel, groen en rooi)
1 Ui gekap

Sous
250ml Tamatiesous
125ml Asyn
125ml Olie