Wednesday 9 September 2015

Elsa se Piesangbrood



Ek verlang sommer vandag na my ma as ek die piesangbrood ruik, sy het altyd die lekkerste piesangbrood gemaak.


Elsa se Piesangbrood
2 (150ml) piesangs
2.5ml koeksoda
100ml kookwater
2 medium eiers
50ml sonneblomolie
5ml vanieljegeursel

Lizette se Quiche



Nog 'n heerlike resep wat ek sommer baie gebruik. 

Lizette se Quiche
1 en 'n kwart koppie meel
Halwe koppie olie
2 eetlepels melk
1 teelepel sout

Lizette se Maaskaastert



Resep by 'n vriendin gekry en dit is altyd 'n treffer

Lizette se Maaskaastert

(Vir gemiddelde grootte tertbak)

BESTANDDELE:

• 1.5 pakkie Tennisbeskuitjies
• ± 125ml gesmelte botter
• 2 blikkies kondensmelk
• 2 houertjies gladde maaskaas
• ¾ koppie suurlemoensap

3 bestanddele Grondboontjie Koekies





3 bestanddele  Grondboontjie Koekies:

1 koppie grondboontjiebotter
1 koppie suiker
1 eier.

Metode:
Meng al die bestanddele saam, rol in balletjies, druk plat met vurk. Bak die koekies vir 10 min. by 180 ºC.


Botterskorsiepiekel




Botterskorsiepiekel
Lewer 2 flesse van 500ml

Piekel:
500ml witwynasyn
250ml suiker
Skil van 1 lemoen, in repe gesny
1 kaneelstok

Monday 7 September 2015

SPAGHETTIBROOD




SPAGHETTIBROOD

225g gekookte spaghetti
sout en peper na smaak
1 hoenderekstrakblokkie
275ml melk
25g botter
3 groot geklitste eiers
150g gerasperde Cheddarkaas
1 opgekapte soetrissie (kleur van jou keuse of gemeng)

Patatbrood




Patatbrood

Genoeg vir: 2 brode
Oondtemperatuur: 220 °C
Baktyd: 45 minute

• 250 g gaar patat, fyngedruk of tot ’n puree verwerk
• sowat 400 ml louwarm water
• 750 g koekmeel
• 5 ml sout
• 1 pakkie kitsgis (10 g)

KARAMEL-MELKTERT



Hierdie foto moes ek by Huisgenoot leen want ek het skoon vergeet om dit af te neem.

KARAMEL-MELKTERT - HEERLIKE DUBBELE LEKKERTE...!!
BRON: ILSE BENEKE

Die tert moet oornag, moenie haastig wees met hom nie, maak hom sommer vannaand al glo my, jy gaan kan wag vir hom more aand nie!!

250 g Tennis-koekies, fyn gedruk
200 g botter, gesmelt
1,5 L (6 k) melk
200 g suiker
3 eiers

Krummel-Appeltert




Niks so lekker soos 'n snytjie warm appeltert nie

Krummel-appeltert
LEWER 1 TERT VAN 24 CM

KORS
120 g botter
125 ml (½ k) suiker
1 eier
2 ml (½ t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier

Thursday 3 September 2015

Elsa se Dekoratiewe Rolkoek





Tydens die The Great British Bake Off (2014), moes hulle 'n "decorated swiss roll" maak.  Natuurlik is my belangstelling dadelik geprikkel hiermee.  Alles word mos nie op tv gewys nie, maar soos 'n vriendin sê Google is mos jou beste vriend.

Ek besluit toe hierdie is wat ek vir my sussie met haar verjaardag maak, maar ons sal eers 'n oefen lopie moet neem om te sien of dit werk.

Suurlemoensmeer



Ek kan onthou hoe my ma altyd die lekkerste koeke kon bak, die middel was altyd gebul met "lemon curd".

Maklike as maklik kan dit nie wees om te maak nie

Suurlemoensmeer
100g (110 ml) botter / bakmargarien (gebruik botter vir 'n meer DEKADENTE eindproduk!)
sap van 2 groot suurlemoene
fyngerasperde geel skil van 1 suurlemoen

Suurlemoenstroop



Juis hierdie tyd van die jaar wanneer suurloemoen volop is, kan hierdie stroop gemaak word.  Bottel dit en gebruik gedurende die somer.


Suurlemoenstroop
500 ml suiker
250 ml water
250 ml vars suurlemoensap