Tuesday 23 May 2017

Mac and Cheese in jou slow cooker / prutpot



Die slow cooker staan altyd in die kas en word net nader getrek wanneer dit winter is vir lekker sop of 'n lekker skaapboudjie vir Kersfees.  Maar hier is weereens 'n bewys dat 'n mens nog ander heerlike etes daarin kan maak.

MAC & CHEESE in die PRUTPOT

1/2 pak (250g) macaroni
4 koppies melk
2 eiers, geklits
2 - 4 koppies kaas, gerasper
1/2 teelepel sout
1/2 teelepel peper
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel pietersielie of gemengde kruie.

Meng alles deeglik saam.

Kook op HOOG vir +/- 3 ure, of op LAAG vir +/- 5 ure. (ek het myne eenkeer geroer)

Wenk: van 'n skerp kaas soos CHEDDAR kan jy minder gebruik.



No comments:

Post a Comment