Monday 26 September 2016

1, 2, 3 Anysbeskuit





 
 
"Jongsus" Maretha bakster van formaat, het hierdie resep met my gedeel.  En was ek nou verras oor hoe maklik dit is en hoe lekker dit smaak.
 
Smaak en ruik net soos 'n lekker Mosbolletjie.
 

1, 2, 3 Anysbeskuit
 
Bestanddele
375g botter of margarien
470ml suiker
4 groot eiers
4x500g bruismeel
15ml anys
10ml sout
2.5ml kremetart
1 liter kookmelk
Metode
Smelt margarien of botter en suiker, laat afkoel en klop eiers by. Sif droe bestanddele saam en voeg saam met die kookmelk by eiermengsel. Voeg anys by en maak aan tot ‘n deeg. Laat 5 minute staan. Rol in balletjies en pak teenmekaar in 2 gesmeerde broodpanne van 220x120mm.
Bak vir sowat 1 uur in voorverhitte oond by 180C tot gaar. Laat afkoel en droog beskuit uit.

Wenk:  Meng die suiker saam met die meel, dit smelt nie lekker saam met die botter nie.  Ek het nie bolletjies gemaak nie dit net platgedruk in my pan.  Ek het dit op 100C vir so 4 ure gedroog.

No comments:

Post a Comment