Friday 27 September 2019

VINNIGE SJOKOLADEKOEK - Mikrogolf



Hierdie resep het ek by my vriendin Jo-Ann gekry wat dit in haar Argilla ringpan bak.  Ek het dit in 'n silicon ringpan gebak.

VINNIGE SJOKOLADEKOEK - Mikrogolf

250ml koekmeel
12.5ml bakpoeier
250ml suiker
knippie sout
2 eiers
45ml kakao
50ml olie
5ml vanilla essense
250ml kookwater

Sif die koekmeel, bakpoeier, suiker en sout saam.  Klits die eiers, kakao, olie, vanilla essense en kookwater saam.  Voeg eiermengsel by die droë meelmengsel.  Meng maar moenie te veel roer nie.   Spuit die ringkoekpan met Spray & Cook.  Gooi deeg, in die pan en mikrogolf dit vir 7 minutes op hoog.  Laat afkoel en gooi uit op 'n bord.

Wenk:  Cir 'n groter koek gebruik 125ml ekstra koekmeel en 1 ekstra eier in die beslag.



Versiersel:
250ml suiker
45ml mielieblom
7ml koffiepoeier
375ml water
50g botter
Meng al die bestanddele saam in n swaarboomkastrol en veritable oor lae hitte.  Roer aanhoudend tot die mengsel dik is.
Laat effens afkoel voor gebruik
 
Smeer versiersel bo-oor die koek en versier met kersies
 

No comments:

Post a Comment