Wednesday 4 March 2020

Lensie en Boontjie Burgers


Ek het 'n kuiergas uit India gekry en moes toe vining begin rond kyk na idees vir etes sonder vleis.  Hierdie is so maklik en vining om te maak.


Lensie-Burgers

Bestanddele

1 blikkie (400 g) lensies, gedreineer en afgespoel

½ blikkie (200 g) swartbone, gedreineer en afgespoel
1 koppie broodkrummels
½ koppie vars opgekapte pietersielie
1 eier
1 huisie knoffel, opgesny
½ koppie fyn opgesnyde Peppadews
sout en varsgemaalde peper

Metode

Meng al die lensieburgerbestanddele en vorm dit in ses burgerfrikadelle.
Verhit olie in ‘n pan oor mediumhitte kole en braai die lensieburgers aan albei kante totdat dit gaar is.

Bou die burgers met tamatie, uie, kropslaai, ens.

Wenk:
Ek het 'n halwe pakkie bruin lensies gekook (moenie tot pap kook nie).
As die swartboontjies afgespoel is is die hoeveelheid reg
Ek het 'n ekstra eier by gesit
Vir 'n bietjie skop kan 'n chillie bygesit word.


 

No comments:

Post a Comment