Wednesday 15 April 2020

Appelliefietert



Dankie Tannie Rita vir hierdie resep, het baie lank na dit gesoek.  Weereens 'n bewys om by die ouer mense te soek vir 'n resep.

My ma het 'n vriendin gehad Tannie Ina wat hierdie tert altyd gemaak het. 

APPELIEFIETERT

Kan ook youngbessies, aarbeie selfs koejawels gesnipper ipv appelliefies gebruik

1 blik ideal melk, verkoel tot yskoud
1 blik appelliefies, gedreineer
knippie sout
3 groot eetlepels vlapoeier
3 eetlepels suiker
Tennisbeskuitjies
1 blik karamel kondensmelk

Kook stroop van appelliefies met genoeg water om 2 koppies te maak.
Maak vlapoeier, suiker en sout aan met 'n bietjie water.
Voeg by stroop en roer to dik.
Laat afkoel en vou styfgeklopte ideal melk by.
Voeg bessies stadig by.
Doop beskuitjies vining in melk en pak in bak.
Smeer karamel kondensmelk oor en sit tertmengsel op.
Verkoel in yskas.

WENKE:
Tannie Rita het gesê ek kan 'n pakkie droë jellie by die beslag sit om dit te stol.
En 'n bakkie roomkaas by die mengsel maak dit besonders.
My ma het geglo 'n mens het altyd 'n blik ideal melk in jou yskas.
Appelliefies geblik is baie skaars en as jy dit kry baie duur.  Loer onder gebottel is 'n resep om jou eie appelliefies in te maak.



No comments:

Post a Comment