Wednesday 14 October 2020

Cannelloni gestop met Spinasie en Butternut


 

Dit kan mos nie so moeilik wees nie.  Na ek so 'n bietjie ge-google het, het ek besluit dit is nou tyd om hierdie te probeer.  Daar is so baie resepte en op die einde van die dag het ek maar my eie gemaak.

Cannelloni gestop met Spinasie en Butternut
1 pak Cannelloni (ek het by Food Lovers gekry)
500g spinasie (in repe gesny)
500g butternut (geskil en in blokkies gesny)
1 houertjie maaskaas plein en glad (in die plek van Ricotta kaas gebruik)
1 botteltjie tamatie pasta sous 
750ml witsous
Kaas gerasper
Sout en Pepper na smaak

Ek het die spinasie en die butternut die vorige aand gekook sodat dit kan afkoel.

Blits die spinasie, butternut en maaskaas saam, dit moet nog klein stukkies wees.  Voeg sout en pepper na smaak by.  Maak solank jou witsous aan.  Skep jou butternut/spinasie/maaskaas vulsel in 'n versiersak.  Spuit mengsel van albei kante in die Cannelloni.  Smeer die tamatie pasta sous bo-oor.  Volgende die witsous met gerasperde kaas bo-oor.  Bak in oond op 180C vir so 40 minute tot die kaas bruin is.






No comments:

Post a Comment