Monday 12 October 2020

Thai Kerrielensies


 

JP baie dankie vir hierdie heerlike resep.  Gaan defnitief gereeld gemaak word.

Thai Kerrielensies

3 T Kerriepoeier
1 T Masala
1 T Paprika
3 Kaneelstokkies
1 T Jeera
1 T Borrie
1 Ui fyn gekap
1  Pak Sampioene (sny in kwarte)
Olie
Braai speserye saam met ui tot amper sag.  Voeg die sampioene by en braai.

Gooi die volgende by
1 - 2 Eetlepels Thai Curry Paste (het by Spar gekoop)
500g boerewors in stukkies gesny (rou)
1 blik tamaties
1 Eetlepel tamatie paste
1 hoenderblokkie met 500ml kookwater
2 koppies droë lensies
Kook tot lensies amper sag is.

Sit die volgende by en kook verder
1 Pakkie baby marrow in ringe gesny
3 Ringe Fetakaas, gekrummel
1 houertjie room)

Sout en swartpeper na saam

Nooi 'n paar vriende en geniet.

No comments:

Post a Comment