In die winter is daar niks lekkerder as 'n bredie nie.
EENVOUDIGE TAMATIEBREDIE
Genoeg vir 1
125g beesvleis of lam in stukkies gesny
1 ui in skywe gesny
3 naeltjies
3 peperkorrels
1 teelepel fyn knoffel (ek het knoffel en rissie gebruik)
Sout en ‘n bietjie vars peper na smaak
2 aartappels of meer na gelang van voorkeur
2 lekker ryp, vars tamaties
50g of 1 klein tamatiepasta
70g suiker
Metode:
Plaas die vleis in die
pot. Sny die ui in skywe en plaas in die
pot. Voeg die naeltjies, peperkorrels en
knoffel by en geur na smaak met sout en peper.
Laat oor stadige hitte prut tot vleis sag en ietwat bruin is. Skil die aartappels en sny in blokkies, voeg
dit by die vleis. Laat prut die vleis en
aartappels ietwat, maar nie tot sag nie.
Dompel die tamaties in kookwater en trek die skille af. Sny die tamaties in blokkies. Voeg die tamatieblokkies en tamatiepasta by
die vleis. Roer deeglik. Voeg suiker na smaak by. Laat prut tot die tamaties deurgekook
is. Sit voor met rys of stampmielies.
** Ek het ‘n rooi pepper
ook in die pot gesit
Sny liggies ‘n
kruis oor die hele tamatie, gooi in kookwater en na ‘n paar minute kan jy die
vel aftrek.
Ek het ‘n pakkie
tamatiesop in gestrooi op die einde om ‘n lekker sous te maak.
Ek het die gereg in
my elektriese stoompot gemaak.
No comments:
Post a Comment