Hierdie was 'n gereelde resep wat deur my ma gemaak is vir verjaarsdae of sommer net iets lekker vir oor die naweek. Altyd 'n treffer
MA DRIEKA SE PYNAPPEL EN IDEAL MELK YSKASTERT
Bestanddele:
1 pakkie tenniesbeskuitjies
1 pakkie groen jellie (ek het 2 pakkies gebruik)
1 blik Ideal Melk (baie belangrik om dit oornag te verkoel in yskas)
1 blikkie crushed pynappel
½ koppie kookwater
Metode:
Pak beskuitjies in ‘n vierkantige bak.
Maak jellie aan met kookwater en plaas eenkant om af te koel.
Klits ideal melk styf en klits afgekoelde jellie by
Gooi sap van die pynappel af en roeor by styfgeklopte mengsel. Gooi helfte van die mensel op uitgepakte beskuitjies en pak dan nog ‘n lag beskuitjies en gooi die res van die beslag bo-oor. Krummel twee koekies fyn boo or en plaas in yskas.
** Die sap van die
pynappel kaan gebruik word om by die jellie water te sit.
** Ek sal volgende keer
‘n bietjie gelatien ook by die styfgeklopte mengsel sit.
** Na tert uitgeskep is,
sit dit terug in die yskas om koud te bly.
** Koekies kan vinnig in
water gedoop word voordat die mensel oor gegooi word, dit sal help dat die
koekies nie lig nie.
No comments:
Post a Comment