Friday, 1 February 2019

Koeksisters




My eerste probeerslag  was ‘n volslae mislukking, so bak Jongsus koeksisters en ek sê as ek weer kom kuier moet jy vir my wys hoe om koeksisters te bak.  Jongsus  en Ousus het mooi stap vir stap gewys hoe om te maak en daar bak ek heerlike koeksister.

 
Gerda Swanepoel se Koeksisters
Lewer 18 dosyn medium koeksisters

Thursday, 31 January 2019

Kersfees Lekkers



Hierdie resep het ek by Mynhardt Joubert gekry.

Kersfees Lekkers
2 koppies vrugtekoek mengsel
250g botter/margarine
1 koppie suiker
2 eiers

Appelliefie Inlê


As kind kan ek onthou my ma se vriendin die heerlikste appelliefietert gemaak het.  Na baie gesoek het ek uiteindelik die resep gekry.

Nou om ingelegde appelliefies te kry.  Kon net nie in die hande kry nie en die oplossing was toe om my eie te maak.

HOE OM APPELLIEFIES IN TE MAAK

Friday, 7 December 2018

Slaapsokkies


Hierdie was 'n projek van my om 'n paar oumas / oupas se harte op te beur wat nooi besoekers ontvang nie.

4mm breipenne
100g wol

Stel 86 steke op
Brei 14 tye regs

Koekstruif vir 40 mense



Koekstruif
vir 6 mense = 1 liter nodig (dws 6liter vir 40 mense)

4 x rolkoek (of enige ander koek)
2 liter dik vla (maak jou eie want die boksies is te dun) - resep volg
3 x rooi jellie
3 x groen jellie

Friday, 23 November 2018

Fop Shrimp Voorgereg


Hier is 'n heerlike resep wat as 'n voorgereg of as 'n lekker ligte ete gebruik kan word.
Die resep het ongelukkig nie hoeveelhede nie en moet jy maar jou eie skattings gebruik.


Fop Shrimp Voorgereg

Kook heel koring met bietjie sout. (ek het 1 koppie korring op 3 koppies water en 5ml sout gebruik)
Gooi in vergieter. Maak die koring korrels los met 'n vurk voordat jy dit meng.

Thursday, 22 November 2018

Nachos


My eie weergawe van die Spur se Nachos

NACHOS Die nachos maak mens van Tortillas wat mens opsny.Sny elke tortilla in ses stukke en braai in 'n pan met plus minus 2.5 cm diep olie tot bros en bruin. AS jy hulle nie self wil maak nie kan jy die nachos by Spar of Woolworths koop.  Of gebruik Dorito's chips in die plek.