Wednesday 10 August 2016

Elsa se Suurlemoen Meringue Flan




Outydse Flan

So baie mense weet nie waarvan jy praat as jy vra of hulle ‘n flan ken nie


My ma het 2 klein pannetjies gehad en het vroeër jare baie hierdie tert gemaak wanneer daar gaste kom kuier of sommer vir ons as ‘n bederf.

Veral in die sommer is dit baie lekker, gevul met lekker vrugte ens.

Die soektog was natuurlik waar om so ‘n pan te kry.  Die meeste plekker weet nie eens waarvan jy praat nie.  Maar na ‘n gesoek het ek ‘n pan gekry (foto). 
 
 

Nou is die volgende stap om die regte beslag vir die tert te kry.  Het ‘n flop of twee gehad maar uiteindelik het ek dit ook oorwin.  As jy die kleiner pan kry verdeel die beslag net in twee, maar hierdie is genoeg vir die pan op die foto.


 
Die beste beslag wat vir my gewerk het is my rolkoek se beslag

KORS VIR FLAN
1 koppie meel
½ teelepel sout
6 eiers (geskei)
1 koppie strooi suiker
2 eetlepels suurlemoen sap
1 teelepel vanilla geursel

Klits eiergeel en suiker saam tot liggeel en romerig.
Voeg droeë  bestandele by.
Klits eierwit styf (maak seker klitser is skoon en droog).
Vou eierwitte in die mengsel.
Bak teen 200˚ celcius vir 10 tot 15 minute.

Toets pen moet skoom uit die middel kom.

Spuit jou pan deeglik, ek het ‘n bietjie meel ook binne in gestrooi voordat ek die beslag in gegooi het.

Keer die flan met pan en al oor op ‘n rakkie.  Laat effens afkoel.  Wees net baie versigtig die middelste gedeelte is baie dunner as die rand.

Raad wat ek by my pa jare terug gekry het:  as dit nie wil uitkom nie sit ‘n natlap oor die pan, dit dan stoom dit tussen die pan en koek en kom dit koek sommer gou los.

 

 

VULSEL VIR FLAN

Ek het sommer ‘n doodgewene Suurlemoen Meringue Tert vulsel gebruik

Vulsel:
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
2 eiers geskei
50ml strooisuiker

Klits eiergele tot lig en sponsagtig
Meng suurlemoensap, kondensmelk en eier geel saam.
Gooi kondensmelkmengsel in flan
Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.
Sit eierwitte op tert gebruik blaasvlam om die eierwit effens te skroei.
Hou flan in die yskas.

 

NOG IDEES VIR FLAN VULSEL

JELLIEVULSEL
1 pakkie(80g) jelliepoeier
200ml kookwater
10ml suurlemoensap
125ml vars room

Sprinkel die brandewyn of sjerrie oor die randkoek, indien verkies. Smelt die jellie in die kookwater. Voeg die sap by en verkoel totdat dit begin dik word, maar nog nie gestol nie. Klits die room tot styf en klits die jellie tot lig en skuimerig. Voeg die room by en meng goed. Skep dit in `n randkoek en plaas in die yskas tot gestol. Versier die randkoek verder soos verkies.

 

PYNAPPELVULSEL
1 Gerasperde pynappel (gebruik sommer 'n blikkie fyn pynappel sonder die stroop)
1k Suiker
1e Botter

Kook bogenoemde saam.

Meng 2e vlapoeier, bietjie koue water en 2 goedgeklitste eiers.
Voeg by die kokende mengsel. Roer goed. Laat afkoel en gooi in flankors. Versier met geklopte room.

 
GEMMER VULSEL 1
1k goue stroop
1k kookwater
½t fyn gemmer
1t mielieblom
½k room

Meng stroop et kookwater en gemmer en kook saam. Meng mielieblom met koue water en voeg by. Kook vir 3 min. Laat afkoel. Gooi in tertkors en laar goed koud word. Versier met styfgeklopte room en kersies.


GEMMER VULSEL 2
Kook saam
1 kop stroop
1 kop water
1 teelepel fyn gemmer
2 eetlepel vlae poeier aan gemaak met bietjie water

Kook tot dit begin dik word.

Sit in tertdop wanneer dit n bietjie afgekoel het
Bedien met room.

 
PIESANG VULSEL
6 eetlepel botter
1/2 koppie suiker
1 koppie fyn piesangs
1 eetlepel suurlemoensap
2 eiers
1/4 teelepel sout

Mens botter suiker en eiergele
Voeg piesangs sout en suurlemoensap by
Kook mengsel tot dik. Sit geklitse eierwitte by en meng.
Gooi oor flan dop. Jy kan dit met room bedien.

 
GRENADELLA VULSEL                                      
160 g (2 x 80 g-pakkies) suurlemoenjellie
500 ml (2 k) kookwater
250 g (1 bakkie) mascarponekaas
250 ml (1 k) room
 

GRENADELLA VULSEL
110 g (1 blikkie) grenadellapulp
30 ml (2 e) suiker
7,5 ml (1½ t) vlapoeier

Maak jelliepoeier met kookwater aan tot opgelos. Plaas in yskas om af te koel. Jellie moet goed afgekoel wees, maar nog nie gestol nie.

Roer mascarponekaas by jellie tot goed gemeng.

Klits room tot styf en roer by jelliemengsel in. Skep in gebakte flankors. Plaas in yskas tot gestol.

Bolaag: Verhit grenadellapulp en suiker in kastrol tot suiker opgelos is. Maak vlapoeier met water tot pasta aan en roer by grenadellamengsel. Laat kook tot begin verdik.

Laat bietjie afkoel en smeer verdikte grenadellaversiersel bo-oor vulsel en plaas weer in yskas tot gestol.


No comments:

Post a Comment