Tuesday 9 August 2016

Spek, kaas en mielie ontbyt muffins



Spek, kaas en mielie ontbyt muffins

2 koppies koekmeel
1 eetlepel bakpoeier (ek het net 2 teelepels gebruik)
3 teelepels suiker
knypie sout
3 groot eiers
1 koppie melk
3 eetlepels olie
200g gaar spek gesnipper (ek het dit vervang met gerookte worsies)
halwe koppie kaas gerasper
halwe koppie heelpit mielies (ek het sommer gevriesde mielies gebruik)
knypie mostert
knypie rooi peper (sommer so 'n bietjie bo-oor ook gestrooi)
knypie pietersielie
sout en swart peper na smaak

Meng al die droë bestanddele in 'n groot mengbak.
Voeg die spek, kaas en mielies by.
Klits die eiers, melk en olie saam.
Voeg dit by die droë bestanddele en meng deur.
Skep lepelsvol in muffinpan - tot amper vol.
Bak vir 25 minute op 180 grade tot goudbruin.

No comments:

Post a Comment