Friday 4 November 2016

Vrugtekelkietert




Vrugtekelkietert
Nog 'n resep wat ek kan onthou dat my ma gemaak het.  Jy kan dit as 'n koue tert voorsit, of as 'n warm poeding met vla of roomys.


500 ml bruismeel (ek het al koekmeel 2 koppies met 2 teeleples bakpoeier ook gebruik)
250 ml suiker
10 ml koeksoda
2.5 ml sout
2 eiers
410g-blik vrugtekelkie

Sous:
250 ml suiker (probeer bruinsuiker, die sproop kry dan 'n caramel smaak)
1 blikkie room (halwe blik ingedampte melk) - Ek gebruik altyd ingedampte melk, onthou dit moet lekker koud wees
250 ml klapper
5 ml vanillageursel
45 ml margarien
Kook al die sousbestanddele saam vir 5 minute.

Voorverhit oond tot 180ºC.
Sif die droë bestanddele saam. Klits die eiers en suiker saam en voeg die vrugtekelkie by. Meng goed. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en vou in. Skep die beslag in 'n gesmeerde tertbak en bak vir 30 - 40 minute tot gaar. Gooi die sous oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.

No comments:

Post a Comment