Wednesday 14 December 2016

Hoender-en kaaspasteie

 
Een Rolletjie deeg uitgerol.  Sny 4 sirkels uit die deeg.  Spuit 'n bakplaat en sit 2 sirkels op die plaat.

 
Smeer sweet chilli sous op die deeg, los 'n randjie oop

 
Sit 'n plakkie kaas bo-op

 
Ek het gekrummelde hoender patties gebruik, dit was nog gevries

 
Smeer die onderste randjie met 'n bietjie water en sit die ander deeg sirkels bo-op

 
Druk die rand met 'n vurk vas

 
Smeer geklitste eier bo-oor die pasteie en bak op 180 vir so 40 minute tot gaar

 
Heerlike ete saam met 'n lekker slaaitjie

No comments:

Post a Comment