Wednesday 18 January 2017

KORINGSLAAI



KORINGSLAAIKook 250 ml heelkoring in water waarby bietjie sout gevoeg is (ek gooi altyd 'n hoenderblokkie in)
Laat dit stadig kook vir omtrent 45 minute of tot sag (nie pap nie)

Gooi die water af en laat koring afkoel


Kap fyn en voeg by:
1 Groen soetrissie  (ontpit)

1 ui
410g perskeskywe (gedreineer)

Meng saam en voeg by:
50 ml suiker
50 ml asyn
50 ml blatjang
100 ml sonneblomolie
4 ml matige kerriepoeier


Meng goed. Bedek en plaas in yskas.
Bly 3 tot 4 dae vars in die yskas en is heerlik saam met braaivleis.

No comments:

Post a Comment