Sunday 29 January 2017

Lensie- en eiervrugkerrie



Lensie- en eiervrugkerrie
Bestanddele
600 ml groente-aftreksel
1 koppie lensies
1 ui, gekap...
2 knoffeltoontjies, gekap


2 eetlepels kerriepoeier
1 eiervrug, in blokkies gesny
sout
vars koljanderblare
100 ml klappermelk (alternatief: kook 2 teelepels klapper in 100 ml melk vir paar minute)

Metode
Kook die lensies in die aftreksel tot sag.
Voeg die sout aan die einde by.
Braai ui in olie tot glansend.
Voeg die knoffel by.
Braai vir 'n minuut en voeg die kerriepoeier by.
Roer vir 2 minute.
Voeg die res van die bestanddele by.
Prut vir 10 minute met deksel op.
Bedien op Basmatirys.

No comments:

Post a Comment