Wednesday 18 January 2017

PEPERMINT VIERKANTE



PEPERMINT VIERKANTE
Genoeg vir 6-8 mense
2 pakkies (200 g elk) Tennis-koekies
1 blik (385 g) karamelkondensmelk
500 ml (2 k) droë klapper
2 stawe (150 g elk) Peppermint Crisp-sjokolade, fyngedruk
125 ml (½ k) room (ek het dit vervang met orley whip)
30 ml (2 e) strooisuiker
ekstra Peppermint Crisp, fyngedruk, vir garneer

 Voer ’n bakpan van 20 x 35 cm met bakpapier uit.
Rangskik ’n laag Tennis-koekies op die bodem van die pan.
Meng die karamelkondensmelk en klapper. Roer 1 fyngedrukte sjokoladestaaf in en smeer die mengsel egalig oor die koekieonderlaag.
Voeg nog ’n laag koekies by.
Klits die room tot effens verdik en roer die suiker en oorblywende sjokoladestaaf in. Smeer dit oor die koekies en verkoel 2 uur in die yskas.
Garneer met die ekstra sjokolade en sny in vierkante.

No comments:

Post a Comment