Tuesday 7 February 2017

Botterskorsie-en-kekerertjie-koekies



Botterskorsie-en-kekerertjie-koekies
Genoeg vir 6
• 1 x 600 g-sak botterskorsie, gaargestoom
• 2 wiele fetakaas
• 1 x 400 g-blik kekerertjies
• 15 ml rissievlokkies
• 15 ml vinkelsaad
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 20 ml fyn komyn
• hand vol koljander, fyngekap
• sap en skil van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde peper
• 210 g (375 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
• kanola-olie vir vlakbraai
• slaaiblare van jou keuse
• 250 ml jogurt vir voorsit
Plaas botterskorsie, feta en kekerertjies in voedselverwerker. Puree by hoë spoed tot growwe mengsel. Voeg rissie, vinkel, knoffel, komyn, koljander, en sap en skil van suurlemoen by. Geur met sout en peper. Meng deur. Gooi koekmeel by en meng – die mengsel sal hanteerbaar wees, maar baie sag. Verhit olie in braaipan tot warm. Doop jou hande in koekmeel en vorm ronde koekies van die mengsel – besluit self hoe groot. Braai koekies 8 – 10 minute per kant in warm olie tot goudbruin en gaar. Dreineer op handdoekpapier. Sit voor met slaaiblare en jogurt.


No comments:

Post a Comment