Wednesday 22 March 2017

Gebakte Korslose Melktert



Gebakte Korslose Melktert

Melktert met 'n houding.  Melktert hoef nie altyd net in 'n tertbord gebak te word nie, probeer 'n slag 'n ringpan.

45 mℓ (3 e) botter, gesmelt
200 g (1 k) witsuiker
3 groot eiers, geskei

2 ml kremetart
140 g (1 k) koekmeel
5 mℓ (1 t) bakpoeier
1 ml sout
5 mℓ (1 t) vanielje geursel
1 liter (4 k) melk
15 mℓ (1 e) kaneelsuiker


Voor verhit oond na 180 grade C, sproei 'n 23cm ronde koekbord met kleefwerende sproei of verkieslik 'n ringkoekpan wat meer egalig bak. Ringkoekpan deursnit 26cm.

Verroom botter en suiker saam. Voeg eiergele een vir een by en klits elke keer tot lig en donsig. Ongeveer 5 minute voor die volgende eiergeel bygevoeg word. 

Sif koekmeel en bakpoeier saam en voeg by die eiergeel mengsel. Meng deeglik. Die mengsel sal redelik dik wees. Meng melk en vanielje by die meel beslag en klits goed deur. 

Was klitsers skoon en klits eierwitte met kremetart styf en vou in by mengsel met 'n ballon klitser.

Bak die melktert eers vir 20 min by 170
en verlaag temp na 150 en bak verdere 35 - 45 min. Toets die melktert deur 'n toetspen in die middel te steek en as dit skoon uit kom is dit gaar. Moenie kommer as die beslag baie jellierig en bewerig lyk...dit moet so wees. Maar dit moenie loperig wees nie. Toets altyd in die middel van die tert.
Die melktert moet in die pan afkoel voordat dit uitgekeer word. Sprinkel met kaneelsuiker om ‘’n stropie te vorm.

No comments:

Post a Comment