Monday 27 March 2017

BROSKOEKIES / SHORT BREAD



Ek het my ou staatmaak resepie verloor en is besig om nou ander toets om weer 'n lekker bederf reseppie te kry.

BROSKOEKIES / SHORT BREAD

5 x 250ml koekmeel
250 ml strooisuiker
500 gr keur botter by kamertemperatuur (NB) (ek het stork bake gebruik)
Knippie sout
Voorverhit oond conventioneel 160 grade of thermofan 150 grade onthou net almal se oonde se termostat is nie dieselfde nie Jy moet maar aanpas

 METODE
Sif suiker en meel net 1x in n groot bak
Verdeel die botter en voeg een porsie botter by meelmengsel
Die rede vir die verdeling van die botter is om die inwerk daarvan te vergemaklik. Lig die bestanddelele gedurig soos jy dit inwerk
Werk nou die botter goed
Versprei nou in nongesmeerde pan (voorgestelde grootte 26x38x3cm)
Versprei deeg egalig oor die pan en druk stewig vas
Prik nou gaatjies in met n vurk in rye so ongeveer 1 cm uitmekaar. Bak in voorafverwarmde oon vir 30-40 minute
Haal uit oond en sprinkel strooisuiker egalig oor
Sny warm
Nota:   Dit my so +-150 koekies gegee. Ek meet my vingertjies af met n klein mostert blikkie se onderkant en dan is al die vingertjies ewe groot en lyk mooi op n bord of vir verpakking.


Ek het nie die koekies met 'n vurk geprik nie en bo-oor het ek sommer versiersuiker gestrooi.  Ek het ook 5ml vanilje essens ingegooi

No comments:

Post a Comment