Monday 3 April 2017

Maalvleis Muffins



MAALVLEIS MUFFINS

Maak maalvleis gaar met speserye, chutney, uie, ens.  Maalveis moenie souserig wees nie, want dan gaan dit jou deeg pap maak.  Laat die vleis eers lekker afkoel.

Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk...
3/4 kop olie
2 eiers

1 kop meel
3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat

Meng alles goed saam, die deeg is 'n bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies.  Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels.  Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek.  Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)

Heerlik koud ook.



No comments:

Post a Comment