Thursday 13 July 2017

Melktert met smeerkors




Melktert met smeerkors
Lewer 2 terte

KORS
125g botter/margarien in blokkies gesny (ek smelt dit altyd sommer in die mikro)
80ml suiker
1 eier
280ml bruismeel
‘n knippie sout

VULSEL
60ml mielieblom/maizina
1 liter melk
125g botter/margarien
‘n knippie sout
3 eiers, geskei
80ml suiker
30ml koekmeel
2ml vanieljegeursel
1ml amandelgeursel (probeer ‘n bietjie suurlemoengeursel volgende keer, mmmm lekker)
Fyn kaneel om bo-oor te strooi.

Voorverhit die oond tot 200C.  Smeer 2 ronde tertborde met botter/margarien of spuit met kossproei.

Stap een Kors
Plaas die botter/margarien en suiker in ‘n mengbak en klits goed met ‘n klitser tot lig en romerig.
Voeg die eier by en klits weer goed.
Sif die bruismeel en sout by en meng goed.
Smeer dit met ‘n mes op die boom en teen die kante van die tertborde.

Stap twee Vulsel
Meng die mielieblom met ‘n bietjie van die melk en hou eenkant.
Die die orige melk in ‘n kastrol en voeg die botter/margarien en sout by.  Bring tot kookpunt en verwyder van die hitte. (ek sit ‘n stukkie pypkaneel altyd in my melk, maar soos my ma gemaak het).
Klits die eiergele baie goed tot liggeel.  Klits die suiker by.
Roer die meelmengsel by die eiermengsel in.
Voeg die mielieblompasta by die mengsel en klts baie goed.
Voeg ‘n bietjie van die warm melk by en klits goed.  Voeg nog ‘n bietjie warm melk by en klits goed.
Voeg die eiermengsel dan geleidelik by die warm melk in die kastrol en meng goed met ‘n houtlepel.
Plaas terug op die stoofplaat en verhit oor lae hitte terwyl jy dit gedurig roer tot die mengsel kook en verdik.  Roer die geursels in.
Klits die eierwitte styf in ‘n skoon glasbak met ‘n skoon klitser (ek klits altyd my eierwitte voor ek met die eiergele begin)
Vou eers ‘n bietjie van die melkpap by die eierwitte en vou dan die eierwitte by die melkpap in.
Skep in die voorbereide korse.  Strooi ‘n bietjie kaneel bo-oor.
Bak 15 – 20 munute lank tot die vulsel geset het en bruin vlekke bo-op vorm.
Bedien lou warm.



No comments:

Post a Comment