Friday 29 September 2017

Brodedelle



Lekker sappige frikadelle, vries ook lekker

Brodedelle
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele:
•6 snye volkoringbrood (ek het sommer saadjie brood gebruik)
•500 ml water
•500 g beesmaalvleis
•1 ui, fyngekap

•1 tamatie, fyngekap
•30 ml blatjang
•15 ml worcestersous
•7 ml sout
•knippie peper
•10 ml souspoeier

Metode:
1.Week die brood in 250 ml van die water en druk dit met ʼn vurk fyn.
2.Voeg die maalvleis, ui, tamatie, blatjang, worcestersous, sout en peper by en meng liggies met ʼn groot vurk.
3.Maak groterige frikkadelle van die mengsel en plaas in ʼn vlak oondvaste bak met ʼn volume van sowat 2,5 liter.
4.Meng die oorblywende 250 ml water en die souspoeier en giet dit oor die frikkadelle.
5.Bak die frikkadelle vir 1 uur lank op die middelste oondrak by 180’C (350 ‘F). (Die oond hoef nie vooraf verhit te word nie.)

Ek het sommer nog so 'n bietjie speserye ook ingegooi.

No comments:

Post a Comment