Thursday 30 November 2017

Dadelblokkies



My vriendin Lizette het hierdie blokkies gemaak vir hulle kerkbasaar.  Lekker idee vir die kinders se markdae

Dadelblokkies / balletjies
250g margarine
500g dadels (ontpit)
1 pakkie marie beskuitjies (gebreek)
1 eier
½ koppie suiker

Smelt margarine oor lae hittel in kastrol.  Sny dadels 'n bietjie kleiner en voeg by margarine.  Meng suiker en eie saam en voeg ook by mengsel.  Voeg nou die fyngemaakte marie beskuitjies by.  Roer tot stywerige mengsel.  Gooi uit in 'n bak (gespuit), wag tot afgekoel en sny in blokkies.  Blokkies kan in klapper gerol word.

No comments:

Post a Comment