Tuesday 24 April 2018

Maalvleis en kaas quiche



Ek nooi my buuvrou en -man vir ete en ja ek moet iets nuuts probeer.  Volgens hulle is dit 'n groot treffer en kan ek dit maar weer maak.

Maalvleis en kaas quiche
Die maalvleis vorm die kors van die quiche. Druk die maalvleis teen die kant en bodem vas.

Kors
10 ml olyfolie...
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
250 g sampioene, gesny

500 g maalvleis
1 (400g) blik lensies (gooi water af)
•sout en varsgemaalde swartpeper

Vla
5 eiers
125ml koppie mayonnaise
190ml koppie melk
•sout en peper
•100g cheddar, gerasper
Sous
10 ml olyfolie
1 ui, gekap
2.5ml knoffel, fyn
1 x 410g blik tamaties, gekap
10ml worcestersous
3ml gedroogde kruie
sout en peper na smaak
Verhit die oond op 180C

Kors:
Spuit 'n tertbord met kossproei. Verhit olie en braai ui en knoffel tot deurskynend. Voeg sampioene by en braai tot sag. Voeg maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die lensies by en geur met sout en peper. Skep maalvleismengsel in oondvaste bak en drukvas

Vla:
Meng eiers, mayonnaise en melk en geur met sout en peper. Sprinkel kaas oor die maalvleiskors, gevolg deur die eiermengsel. Bak vir 30 tot 40 minute tot gestol.

Sous:
Verhit olie en braai ui en knoffel tot deurskynend. Voeg tamaties by en kook tot mengsel begin verdik. Geur met worcestersous, sout en peper. Sit quiche voor met sous.
Sit voor saam met 'n snytjie bruinbrood / klein aartappeltjies / groen slaai.

No comments:

Post a Comment