Friday 16 March 2018

Meringue Nessies



Hierdie idee het ek by my vriendin Rochelle gekry.  Ek het so 'n bietjie kortpad geneem en die Meringue Nessies gekoop en nie self gemaak nie.

Meringue Nessies
4 eierwitte
Knippie sout
250g strooisuiker

Verhit oond tot 120°C
Klop die eierwitte styf met die sout
Voeg nou die strooisuiker lepelsgewys stadig by
Klop nog 3-4 minute tot die suiker opgelos is
Skep lepels vol op ‘n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en maak holtes met die agterkant van ‘n lepel.


Anders kan jy nessies met ‘n met ‘n versierbuis spuit
Plaas in oond en draai temperatuur af na 100°C en bak 90min
Skakel oond af en laat meringues in die oond droogword
Plaas die meringues in ‘n lugdigte blik tot gebruik
Dit kan ook gevries word
Die meringues kan gevul word met:
Karamel en room mengsel
Sjokolade mousse
Geklopte room en vars vrugte


Ek het mascarpone kaas, styf geklopte room en 'n bietjie versiersuiker (om dit effens te versoek) gemeng en dit binne in die meringue nessies geskep en dit versier met vars vrugte en 'n mentblaartjie net voor bediening.  Dit afgerond met 'n bietjie versiersuiker bo-oor gestrooi.  Geen maar 'n vurkie en lepel om mee te eet.

No comments:

Post a Comment