Friday 7 December 2018

Slaapsokkies


Hierdie was 'n projek van my om 'n paar oumas / oupas se harte op te beur wat nooi besoekers ontvang nie.

4mm breipenne
100g wol

Stel 86 steke op
Brei 14 tye regs
Regs 41 steke, brei 2 tesame deur agterkant van steke en weer 2 tesame deur agterkant van steke, brei tot aan die einde van die ry.
Gaan so voort tot 22ste aan albei kante van die middles 2 steke oorbly - 46 steke moet op naald wees.
Brei 2 rye rif (1 plein, 1 purl, ens)
Volgende ry - 1 plein, 2 tesame (deur die agterkant van die steke), brei die res van die ry so (dit sal gaatjies in die patroon maak waardeur 'n toutjie geryg kan word)
Volgende 2 rye weer rif (1 plein, 1 purl, ens), eindig met voorkant ry
Brei nou 13 rye regs en heg af.
Werk die naat toe en ryg 'n bandjie deur die gaatjies

No comments:

Post a Comment