Thursday 31 January 2019

Appelliefie Inlê


As kind kan ek onthou my ma se vriendin die heerlikste appelliefietert gemaak het.  Na baie gesoek het ek uiteindelik die resep gekry.

Nou om ingelegde appelliefies te kry.  Kon net nie in die hande kry nie en die oplossing was toe om my eie te maak.

HOE OM APPELLIEFIES IN TE MAAK
Prik al die appelliefies so 2 gaatjies met ‘n tandestokkie of ‘n naald.

Vir elke koppie appelliefies, kook stroop van:
1/3 koppie suiker
2/3 koppie water

Sit die geprikte appelliefie in die kokende stroop en kook vir 5 minute in borrelende stroop.
Pak genoeg appelliefies in ‘n fles om fles propvol te maak.
Giet stroop oor tot bedek.
Skroef deksel op en laat afkoel.



No comments:

Post a Comment