Friday 7 December 2018

Koekstruif vir 40 mense



Koekstruif
vir 6 mense = 1 liter nodig (dws 6liter vir 40 mense)

4 x rolkoek (of enige ander koek)
2 liter dik vla (maak jou eie want die boksies is te dun) - resep volg
3 x rooi jellie
3 x groen jellie
3 x geel jellie
4 x 410g ingemaakte vrugte (die stroop het ons ook oor die koek gegooi)
sjerrie
neuter
vrugte vir bo-op
room (ek het orley whipp gebruik 1 houertjie op 'n bak)

Maak die jellie die aand voor die tyd aan dat dit kan stol.  Ons het dit in 'n platbak gemaak en dit die volgende dag net in klein blokkies gesny.

Die rolkoek het ons in skywe gesny, dit onder en halfpad om die kant gepak.  Die sjerrie oor gegooi dat dit lekker kan intrek.  Nou begin jy met jou lae.  'n Bietjie jellie dan vrugte dan vla (dit het ons die vorige dag gemaak dat dit lekker kan afkoel).  Dan begin jy weer van vooraf tot by die vla.  Sit nou jou room en versierings bo-op.  Altyd lekker as dit so 'n bietjie gestaan het.


MIKROGOLF VLA
500ml melk
50ml vlapoeier
50ml suiker
knippie sout
Meng alles. Sit in mikrogolf vir 2 minute.
Haal uit en roer. Sit terug in mikrogolf en herhaal die
proses tot vla gaar en dik genoeg is.

No comments:

Post a Comment