Thursday 31 January 2019

Kersfees Lekkers



Hierdie resep het ek by Mynhardt Joubert gekry.

Kersfees Lekkers
2 koppies vrugtekoek mengsel
250g botter/margarine
1 koppie suiker
2 eiers

knippie sout
2 pakkies tennis beskuitjies

Smelt botter in 'n pot. 
Gooi vrugtekoek mengsel, suiker, sout en geklitste eiers by en kook vir 5 minute, roer gereeld.
Sit 13 - 15 koekies in 'n plat pan.  Krummel die res van die koekies en voeg by die vrugtekoekmengsel.  (Hier het ek my resep so 'n bietjie verander:  ek het al die koekies gekrummel en by die vrugtemengsel gesit).  Meng deeglik en druk bo-op koekies in die pan vas.  Laat set en sny.



No comments:

Post a Comment